Tuesday, 21 September 2010
22September 2010
Ons oudste twee is in Johannesburg om na die Amerikaanse ambassade te gaan vir sy groen kaart. Ek hoop regtig hy kry dit want sy vind dit maar moeilik in SA, met die dat sy nie hier wil of kan bestuur nie en ook maar die taal probleem. Dit is regtig n gebed saak en glo dat daar n plan van die Hemelse Vader vir hulle is. Ons is so bly om dit te glo anders sou dit maar moeilik gewees het.
21 September 2010
Dit was n heerlike dag! Die graad 4A2 en 4A 4, Rina van Niekerk se klas, het n uitstappie na Groot Constantia gehad. Dit was trietstige weer, en so het ons nie geweet wat om van die dag te verwag nie. Die bus het aangekom en dit het vir ons gevoel ,eers in die verkeerde rigting gery, maar wel gou uitgevind hoe goed die bus laan op die N2 werk. Gou,gou het ons in die verkeer beweeg terwyl die res die oggend verkeer moes trotseer.
Op tyd daar aangekom is ons na die klaskamer, die vroeere kelder, waar n baie bekwame dame ons ingewag het. Sy het werklik geweet hoe om met die leerders te werk en het hulle baie oulik vertel van die geskiedenis van Groot Constantia.
Ek het selfs geleer van die Big Six en ook weer van die inbraak. Carmia was net baie geinteresseerd omdat haar voorgeslagte die Cloetes was.
Nadat die Gr 4A2 deur die huis was het ons gaan eet en toe het ons gaan speel op die grasperk. Ons het opgestap tot by die bad. Dit was n pragtige prentjie. Die leerders het so heerlik net gehardloop en mekaar en die natuur geniet dat dit gelyk het soos n voeltjie wat uit n koutjie losgelaat is. Hulle het mekaar en die natuur geniet. Selfs n doek om my kop gedraai. Dit was pragtig om te sien hoe elkeen net homself kon wees. Daar was wel soms so n mistige klamigheid maar dit het nie gepla nie.
Ons het die klaskamer buite gehad en dit was n goeie ervaring.

Saturday, 14 August 2010
My kinders: 14 Augustus
Ferdi en Jess is in Suid-Afrika en bly in Tamboerskloof. Sy werk vir Alexandra H. Ferdi is ook besig met sy kamera. Hy wag om te hoor van die Amerikaanse ambassade vir n onderhoud vir sy groenkaart. Ander kinders is in Hong Kong. Hulle is baie braaf en het al n beter blyplek. Ons beplan om vir hulle te gaan kuier in Desember.
Ek geniet my tuin op die oomblik. Daar is vyf affodille, dit is vir my n prestasie omdat ek nog nie suksesvol met bolletjies was nie. My kruie/groente tuin kom ook beter aan. Die geur van Yesterday Today and Tomorrow trek deur my tuin. Ek kom nie by al die takies in my tuin uit nie.
Helena het n modeontwerper gaan help met haar reeks vir Fashionweek. Sy het dit baie geniet.
Jurie is op Nuweland waar die WP teen Blou Bulle speel, Hy kyk dat die groot skerm reg werk.
Sally en Tim Gashue het vir drie weke hier gekuier.
Ai, ek moet dit se. My onder 10 hokkie dogters verloor nog steeds elke wedstryd. Ek kan nie glo dat ek nie vir hul die vaardighede kan leer wat hulle nodig het vir n goeie hokkie wedstryd nie.
Daar is nog n hele paar wedstryde, ek hoop regtig dit sal beter gaan.

Subscribe to:
Posts (Atom)