Dit was n heerlike dag! Die graad 4A2 en 4A 4, Rina van Niekerk se klas, het n uitstappie na Groot Constantia gehad. Dit was trietstige weer, en so het ons nie geweet wat om van die dag te verwag nie. Die bus het aangekom en dit het vir ons gevoel ,eers in die verkeerde rigting gery, maar wel gou uitgevind hoe goed die bus laan op die N2 werk. Gou,gou het ons in die verkeer beweeg terwyl die res die oggend verkeer moes trotseer.
Op tyd daar aangekom is ons na die klaskamer, die vroeere kelder, waar n baie bekwame dame ons ingewag het. Sy het werklik geweet hoe om met die leerders te werk en het hulle baie oulik vertel van die geskiedenis van Groot Constantia.
Ek het selfs geleer van die Big Six en ook weer van die inbraak. Carmia was net baie geinteresseerd omdat haar voorgeslagte die Cloetes was.
Nadat die Gr 4A2 deur die huis was het ons gaan eet en toe het ons gaan speel op die grasperk. Ons het opgestap tot by die bad. Dit was n pragtige prentjie. Die leerders het so heerlik net gehardloop en mekaar en die natuur geniet dat dit gelyk het soos n voeltjie wat uit n koutjie losgelaat is. Hulle het mekaar en die natuur geniet. Selfs n doek om my kop gedraai. Dit was pragtig om te sien hoe elkeen net homself kon wees. Daar was wel soms so n mistige klamigheid maar dit het nie gepla nie.
Ons het die klaskamer buite gehad en dit was n goeie ervaring.
No comments:
Post a Comment