Saturday, 14 August 2010

My kinders: 14 Augustus

Ferdi en Jess is in Suid-Afrika en bly in Tamboerskloof. Sy werk vir Alexandra H. Ferdi is ook besig met sy kamera. Hy wag om te hoor van die Amerikaanse ambassade vir n onderhoud vir sy groenkaart. Ander kinders is in Hong Kong. Hulle is baie braaf en het al n beter blyplek. Ons beplan om vir hulle te gaan kuier in Desember.
Ek geniet my tuin op die oomblik. Daar is vyf affodille, dit is vir my n prestasie omdat ek nog nie suksesvol met bolletjies was nie. My kruie/groente tuin kom ook beter aan. Die geur van Yesterday Today and Tomorrow trek deur my tuin. Ek kom nie by al die takies in my tuin uit nie.
Helena het n modeontwerper gaan help met haar reeks vir Fashionweek. Sy het dit baie geniet.
Jurie is op Nuweland waar die WP teen Blou Bulle speel, Hy kyk dat die groot skerm reg werk.
Sally en Tim Gashue het vir drie weke hier gekuier.
Ai, ek moet dit se. My onder 10 hokkie dogters verloor nog steeds elke wedstryd. Ek kan nie glo dat ek nie vir hul die vaardighede kan leer wat hulle nodig het vir n goeie hokkie wedstryd nie.
Daar is nog n hele paar wedstryde, ek hoop regtig dit sal beter gaan.

No comments: